Diskriminerende wette teen vroue moet hersien word

Wette, beleide en kulturele praktyke wat teen vroue diskrimineer, moet hersien word. Dit is deur die uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, Martha Mbombo, gesê tydens ‘n werkswinkel oor strategiese beplanning van die vroue-parlementêre koukus wat in Windhoek gehou is. Die driedaagse werkswinkel is daarop gemik om vroulike parlementslede in staat te stel om vroue-kwessies in die parlement te bevorder. Mbombo sê een van die kwessies is maatreëls wat teen mensehandel van vroue en prostitusie ingestel moet word.