Dis wesies, en die met trauma, wat terugkeer skool toe

Kenners is dit eens dat die kinders en onderwysers wat volgende week sal terugkeer skool toe, getraumatiseerd is. Talle is ewe skielik wees gelaat en onderwysers het ook geliefdes verloor. Volgens die maatskaplike werker en aktivis Rosa Namises gaan dit ‘n moeilike tyd wees, ook omdat ondersteuning beperk is as gevolg van sosiale-afstandmaatreëls.