Dis Wêreld-olifantdag!

Vandag word Wêreld-olifantdag herdenk. In Namibië is daar baie groot suksesse behaal met die beskerming van die spesie maar, dit het ook gelei tot toenemende konflik met die mens. Rachel Harris, besturende direkteur van Elephant Human Relations Aid, of te wel Ehra, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.