Dis warm, kyk dus mooi uit vir slange!

Net soos in Namibië, ervaar dele van Suid-Afrika tans baie warm weer. In die buurland het die organisasie Snake and Venom Education ‘n belangrike waarskuwing uitgereik aangesien slange binnenshuis skuiling soek teen die intense hitte. Mosambiekse spoegkobras, groen mambas, swart mambas, Kaapse kobras, pofadders en ander spesies is aan die beweeg. Die organisasie beklemtoon slange soek dalk veilige skuilplekke om eiers te lê. Die brandpunte sluit in, Durban en Kaapstad. ‘n Omgewingsbewaarder, Carla Goede, raai die publiek ten sterkste aan om kontak met hierdie reptiele te probeer vermy.