Jake is ingenome met Willie le Roux

Rugby: Die Bulle gee vroeg die toon aan onder die Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Pretoria-span is na ses rondes derde op die punteleer, na Glasgow Warriors en Leinster. Dit is nadat hulle Connacht Saterdag op Loftus Versfeld met 53-27 geklop het met heelagter, Willie le Roux, wat sy debuut vir die Bulle gemaak het. Afrigter Jake White, is baie ingenome om Le Roux in sy span te hê.