Dis wanbestuur, nie apartheid nie

Apartheid het weer die skuld gekry vir Namibië se uitdagings. President Hage Geingob het in sy aanbieding by die Volhoubare Ontwikkelingsberaad by die 78ste sitting van die Verenigde Nasies die land se klassifikasie as ‘n hoë middel-inkomste land aangespreek en gesê dat dit nie die koloniale ongeregtighede in Namibië weerspieël nie en dat apartheid die grondslag gelê het vir die land se ekonomiese uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage gesels. Hy sê die uitdagings hou verband met onder meer, swak bestuur.