Dis vroue-halfeind-dag by Aussie Ope
Tennis: Die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, speel vandag teen die Amerikaanse tiener Coco Gauff, vir ‘n plek in die Australiese Ope-eindstryd. Sabalenka het in die Amerikaanse Ope by Flushing Meadows met drie stelle teen Gauff verloor. Sy het reeds 12 opeenvolgende Australiese Ope-wedstryde gewen en ses keer agtereenvolgens deurgedring na major-halfeindstryde. Gauff het reeds 12 agtereenvolgende Grand Slam-wedstryde gewen. Die wenner vandag sal teen China se Zheng Qinwen, óf die Oekraïnse kwalifiseerder Dayana Yastremska te staan kom.