DA soek inligting by PetroSA oor omstrede gastender

Die DA sê hy het ʼn aansoek aan PetroSA gerig ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Dit is om inligting te bekom oor die besluit om ʼn tender vir die ontginning van sy gasreserwes ter see en die herbou van noodsaaklike gas-infrastruktuur aan Equator Holdings toe te ken. Die maatskappy word beheer deur die omstrede politieke figuur, Lawrence Mulaudzi. Hy word in die Mpati-kommissie se verslag betrek by korrupsie en wanbestuur by die Openbare Beleggingskorporasie. Kevin Mileham van die DA sê Equator Holdings het nie aan tendervereistes voldoen nie.