Dis vandag Wêreld-diabetes-dag

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê vyf uit tien mense in die wêreld met tipe-twee-
diabetes het nog steeds nie toegang tot insulien nie. ‘n Nuwe WGO-verslag plaas die
kollig op die ontstellende toestand wat betref globale toegang tot insulien en sorg vir
diabete. Slegs drie maatskappye oorheers 90-persent van die mark wanneer dit kom by
die prysvasstelling vir insulien. Swak gesondheidstelsels is nog iets wat universele
toegang in die wiele ry.