Dis tyd vir die 66ste Grammy-toekennings

Die 66ste jaarlikse Grammy-toekennings vind vanaand in Los Angeles by die Cripto.com-arena plaas. Dit sal die beste opnames, komposisies en kunstenaars van 1 Oktober 2022 tot 15 September 2023, soos gekies deur die lede van The Recording Academy, vereer. Dit word vir die vierde keer deur Trevor Noah aangebied.