Dis Sondag die Springbokke teen die Wallabies

Rugby: Quade Cooper sal môre in ‘n verrassende stap die nommer tien-trui aantrek wanneer die Wallabies en die Springbokke mekaar die stryd aansê in hulle Rugbykampioenskapstoets aan die Gold Coast. Dit is die 33-jarige se eerste internasionale wedstryd in vier jaar en die Wallabies se afrigter, Dave Rennie, sê Cooper is opgewonde om te bewys hy is steeds in staat om op topvlak te presteer. Michael Hooper, wat sy 112de toets speel, sal Australië die 59ste keer aanvoer, wat die rekord ewenaar.