Dis nou die beste tyd om eiendom aan te skaf

Namibiese kenners meen dat met die lae rentekoerse en krimpende ekonomie is dit ‘n baie goeie tyd om eiendom te bekom. In Suid-Afrika geld dit ook veral omdat dit nie meer nodig is om te koop en dan twee tot drie jaar te wag dat ontwikkelaars eiendomme voltooi nie, want dit is onmiddellik beskikbaar. ‘n Eiendomskenner van Kaapstad, Rob Stefanutto, sê daar is veral in Kaapstad geweldig baie voorraad wat eers verkoop moet word voordat ‘n nuwe ontwikkelingsiklus van stapel gestuur kan word: