Dis nou amptelik Kersfees in Windhoek!

Die Stad Windhoek is in die Kersfees-gees en gaan vanaand sy Kersfeesliggies in die middestad aanskakel en terselftertyd sy Kersfeesmark in Zoo Park en omliggende dele open. Die kort program begin om half-agt vanaand en sal optredes deur die Unam koor insluit. Die liggies sal aangeskakel word deur Windhoek se adjunk burgermeester, Joseph Uapingene. Die kersfeesmark bied ‘n verskeidenheid stalletjies waar geskenke en lekkernye te koop aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunikasie beampte van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya, gepraat wat meer besonderhede gee.