Dis nonsens dat kursusse nie vanpas is vir plaaslike arbeidsmark nie

Die uitvoerende direkteur van die ministerie van hoër onderwys dr. Alfred van Kent, sê dis nonsens dat tersiêre opleiding nie vanpas is vir die plaaslike arbeidsmark nie. Daar was onlangs sommige menings wat geopper is dat die kursusse wat gedraf word of onvanpas is, of te teoreties is. Hy sê daar word saam met instansies in die verband gewerk.