Dis moeilik om oorboord te val… van ‘n passasierskip af… regtig

Die opwindende oorlewingsverhaal van ‘n 28-jarige man wat byna 20 uur deurgebring het deur te trap, bamboes te eet en haaie te vermy, word beskryf as a seldsame verskynsel. James Grimes het blykbaar van die passasierskip oorboord geval en is later gered. Grimes is die 11de persoon vanjaar wat van die reuse-skepe af val. Maar kenners meen die enigste manier om oorboord te val is om doelbewus dit te bewerkstellig of eenvoudig roekeloos te wees. In 2019 het 25 mense oorboord gegaan – in vergelyking met die meer as 13,7 miljoen passasiers wat dieselfde jaar op ‘n vaart gegaan het, is die waarskynlikheid om oorboord te gaan minder as 0,000001 persent.