Dis kersiefees in die Vrystaat

Die dorpe Ficksburg, Fouriesburg, en Clarens in die Oos-Vrystaat gooi hierdie naweek hulle deure oop vir besoekers aan die jaarlikse kersiefees. Mense van oral besoek die gebied om die oes te vier na ‘n lang koue winter en die begin van die sagtevrugte-seisoen in die omgewing. Verskillende plekke in die distrik bied spesiale geleenthede aan.