Dis Internasionale Vrouedag en dinge lyk nie goed nie

Vandag is Internasionale Vrouedag met as tema, Geslagsgelykheid vandag vir ‘n volhoubare môre. Volgens die Verenigde Nasies verteenwoordig vroue 70 persent van die 1,3 miljard mense wat in armoede leef. In stedelike gebiede staan vroue aan die hoof van 40 persent van die armste huishoudings. Die VN se adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, sê sonder geslagsgelykheid vandag bly ‘n volhoubare en ‘n gelyke toekoms buite bereik: