Dis droog maar Ruacana vertoon uiters goed

Dinge blyk om oop te loop by die Ruacana-hidroëlektriese aanleg by die Kunene-rivier. Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens is vloei van 563,5 kubieke meter per sekonde aangeteken, teenoor 81,9 wat verlede jaar gemeet is. Vlakke van die Okavango-rivier vertoon ook goed op 5,44 meter by Rundu teenoor 5,12 verlede jaar maar, die Zambezi loop nie sterk nie en vlakke is laag. Die diens sê die rivier is tans op 1,28 meter by Katima Mulilo teenoor 4,24 meter wat verlede jaar aangeteken is.