Dis die Desert Jewels teen Zambië!

Namibië se nasionale netbalspan, die Desert Jewels, speel tans in hul eerste eindstryd van die Afrika-netbalbeker teen Zambië se Copper Queens in Gaborone, Botswana. Albei spanne het vier wedstryde gewen en een verloor, met Zambië wat teen Zimbabwe verloor het. Namibië het weer naelskraap teen Zambië verloor in die groepfase. Die Desert Jewels het gekwalifiseer om in die finaal te speel vanweë ‘n beter doelverskil as Zimbabwe, die land met die hoogste rang by die toernooi. Anna Kasper, kaptein van die Jewels, het vroeër gesê hulle hoop om die beker te wen en huis toe te bring.