Dis chaos in die wêreldpolitiek

Die VSA het China onlangs gedreig om nie bystand aan Rusland te gee nie en nou het China op sy beurt weer die VSA gedreig dat hy streng sal optree as die beplande besoek van Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, aan Taiwan volgende week sal voortgaan. Die wêreld blyk om in ‘n totale gemors te wees. Kosmos 94.1 Nuus het professor Andre Duvenhage, ‘n politieke analis in die buurland vir sy mening gevra.