Dis binnekort koebaai aan Hellmann’s

Lief vir jou Hellmann’s mayonnaise? Dan beter jy woeker en aanskaf wat jy kan. Unilever sê hy het die verkoop van Hellmann’s aan Suid-Afrika opgeskort, weens die hoë koste van die invoer van die produk uit die VSA. Die maatskappy sê die koste van die bestanddele en vervoer het skerp gestyg. Die maatskappy sê hy gaan wel voort om sy grootmaatbakke vir sy Unilever Food Solutions-besigheid uit te voer.