Direkteur lyk of sy fondse verdoesel het: Amushelelo

Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters het hierdie week ‘n vreedsame betoging by die armoede-uitwissing-ministerie gehou. Die ministerie het saam met die Wêreldvoedselprogram drie jaar gelede verskeie mense vir toelaes geregistreer. Die mense sou 1 800 Namibiese dollar eenmalig ontvang en 600 dollar per maand vir die volgende drie jaar. Die Vegters voer aan niemand in die Khomas-streek het hul geld gekry nie. Tydens die betoging het die sosiale aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo vir Martha Mbombo, die uitvoerende direkteur van die Gender-ministerie, gesê dit lyk of sy fondse wat vir minderbevoorregtes bedoel was, verduister het.