Dire Tladi word SA se eerste regter by Internasionale Geregshof

Professor Dire Tladi word vandag as Suid-Afrika se eerste permanente regter by die Internasionale Geregshof in Den Haag beëdig. Die voormalige professor in internasionale reg aan die Universiteit van Pretoria is deur die Algemene Vergadering en Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies verkies. Tladi se termyn as ‘n lid van die hof is vir nege jaar. Sy eerste sitting as regter sal op die 19de van vandeesmaand wees, met die versoek vir ʼn adviesmening oor die situasie in Palestina.