Dippenaar terug in die streekshof

Jandre Dippenaar sal vandag weer in die Swakopmund-streekshof verskyn op verskeie klagte, wat ses klagtes van moord insluit. Die saak hou verband met die noodlottige ongeluk tussen Swakopmund en Hentiesbaai op 29 Desember 2014 waarin ses mense dood is. Hy word verdedig deur advokaat Louis Botes op instruksie van Petrie Theron. In ‘n ander saak waar die ander oorlewende van die ongeluk Antonia Joschko Dippenaar vir skadevergoeding dagvaar het regter Shafimana Ueitele Dippenaar tot 2 November gegee om regshulp te bekom. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese doller en net minder as 715 000 euro.