Aborsie onder die loep die week

Die Namibia Equal Rights Movement sal saam met aktiviste wat ook die wettiging van aborsie ondersteun, vanoggend bymekaar kom by die Onafhanklikheidsmuseum. Die week is neergelê vir openbare gesprekke oor die kwessie voor die parlement se staande komitee oor geslag en gesinsake. Die Voices for Choices and Rights Coalition sê volgens berigte dat vroue se reproduktiewe regte nie gereguleer moet word nie. Die koalisie sal vandag hul standpunt aan die komitee voorlê. Die adjunk-gesondheidsminister Ester Muinjangue het vroeër haar ondersteuning vir ‘n openbare debat oor die wettiging van aborsie uitgespreek.