Dippenaar se saak op Swakop neergelê vir die week

Jandré Dippenaar se verhoor op ses klagte van moord, sal na verwagting vandag in die Swakopmund-streekshof hervat. Die saak is verlede jaar Oktober tot vandag toe uitgestel en vir dié week neergelê. Daar is ook twee weke in September en Oktober voorlopig uitgesit vir die saak. Die saak spruit uit die dodelike ongeluk op 29 Desember 2014 net buite Hentiesbaai waar ses mense dood is. Buiten die moordklagte staan Dippenaar ook tereg op klagte van roekelose en nalatige bestuur, bedrog, en die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n bestuurslisensie. Hy word deur die senior advokaat Louis Botes verteenwoordig.