Twee Angolese vas met lewende ietermagô

Wildmisdaad duur onverpoosd voort. Die Namibiese omgewingsministerie sê twee Angolese burgers sal vandag in die hof op Okahandja verskyn nadat hulle gepoog het om ‘n lewende ietermagô te verkoop. Die transaksie het deel van ‘n spesiale operasie van die sogenaamde Blue Rhino Task Team gevorm en die twee is onmiddellik in hegtenis geneem en sal vandag formeel aangekla word. Die ietermagô is volgens berigte redelik gesond en sal binnekort gerehabiliteer word.