Dippenaar-saak kry momentum, regslui aangstel

Jandre Dippenaar het regsverteenwoordiging bekom in die saak waar Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2019 hom dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Pieter Theron van PD Theron & Associates verteenwoordig hom en het weer verdediging in die saak aangeteken. Na talle uitdagings om regslui aan te stel, en die weiering van regshulp deur die staat, het regter Shafimana Ueitele, wat die saak aanhoor, op 7 Junie vanjaar advokaat Vanessa Kauta as amicus curiea vir Dippenaar aangestel. Die saak is tot 28 Februarie volgende jaar uitgestel vir ‘n voorverhoor.