Dippenaar kry verdediging in siviele saak

Jandre Dippenaar het ter elfder uur regsverteenwoordiging bekom en die regsfirma Van der Merwe-Greef Andima sal vir hom optree in die siviele saak waar Antonia Joschko hom dagvaar. ‘n Dokument, wat deur Thomas Andima onderteken is, is nege-uur vanoggend op die ejustice-stelsel gelaai. Dit beteken dat Dippenaar uiteindelik verdediging kan aanteken in die saak. Hy het baie groot uitdagings in die verband gehad en is ook regshulp geweier. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar na die noodlottige motorongeluk van 29 Desember 2014. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Sy het reeds die saak in 2017 hangende gemaak. Regter Shafimana Ueitele hoor dit aan.