Diplomate kan vergader met wie hulle wil, SPYL oorreageer

Swapo se jeugliga het ‘n verklaring uitgereik waarin die Europese Unie-diplomate van Duitsland, Finland, Frankryk, Spanje en Portugal veroordeel word, en gevra word dat hulle uit Namibië geskors word. Dit is in reaksie op ‘n ontmoeting tussen EU-diplomate en die leier van die Independent Patriots for Change opposisieparty, Panduleni Itula, verlede week. Ná hewige kritiek van die regering en Swapo oor die vergadering, het die EU in ’n gesamentlike verklaring verduidelik dat die kontinentale groep se ambassadeurs nie sake rakende regering met Itula bespreek het nie, maar dat slegs die IPC se veldtog vir Namibië se presidents- en Nasionale Vergadering-verkiesing in November bespreek is. Ephraim Nekongo, sekretaris van SPYL, het egter in ‘n verklaring die diplomate van arrogansie en disrespek beskuldig. Hy het die verskoning wat die EU uitgereik het verwerp en ‘n onvoorwaardelike verskoning geëis vir wat SPYLas inmenging in Namibië se binnelandse sake beskou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner, dr. Marius Kudumo, wat sê dat SPYL oorreageer.