Ally gee ultimatum aan Stad Whk oor Katutura-skuld

Die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula het die Windhoek-munisipaliteit ‘n week gegee om die kwessie van skuldbestuur vir Katutura-inwoners aan te spreek. Indien die stad nie reageer nie, dreig sy om ‘n sit-protes by die munisipaliteit te hou. Inwoners eis dat skuld afgeskryf moet word en vra ook dat Redforce as skuldinvorderaar verwyder moet word. Hulle het na die Katutura-kantore opgeruk maar, daar was niemand om hulle aan te hoor nie – die raad en uitvoerende span is die week aan die kus om die stad se begroting en strategie te bespreek.