Diplomaat vra beskermingsbevel, hof in kamera

Plaaslike media berig dat Peter Haufiku, die man van die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy twee van hulle kinders in die Namibiese ambassade in Ethiopië vermoor het, soek ‘n beskermingsbevel teen haar. Die saak is volgens die Engelse dagblad, Namibian Sun, in die Ondangwa-landdroshof aangehoor. Haufiku is van Kristofina Amutenya geskei maar, sê daar was verskeie pogings op sy lewe. Die hof het verrigtinge in kamera gehou omdat die saak blykbaar sensitiewe inligting hanteer. Amutenya het vermoedelik twee van hulle kinders op 13 Desember 2020 in Addis Abeba vermoor. Sy is teruggebring Namibië toe en die klagtes wat aanvanklik teen haar gebring is, is eers uitgegooi maar sedertdien was daar geen beweging in die saak nie. Haufiku sê daar is twee keer op hom geskiet en hy glo ook hy word agtervolg.