Dinge raak wild aan die kus…

Dit wil voorkom asof dinge wild begin raak in Swakopmund. ‘n Rob is vroeër vandag in die dorp gewaar en ‘n bruin hiëna is by Myl 4 gesien. Die Namibiese ekoloog dr. Peter Cunningham verduidelik hoekom die diere in beboude gebiede gewaar word.