Digu groet toerismeraad na 16 jaar

Digu Naobeb, die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Toerismeraad het bedank. Hy is sedert 2007 in die pos en het destyds Gideon Shilongo vervang. Volgens wat berig word wil hy ander geleenthede ontgin. Sy kontrak kom op 30 Junie vanjaar tot ‘n einde, dieselfde tyd as die huidige raad se termyn.