Digitale bedrog neem skerp toeOctober 19, 2023
Hoe meer mense hul inkopies of besigheid aanlyn doen, hoe meer neem pogings tot bedrog toe. ‘n Ontleding deur TransUnion het bevind 1,4 persent van alle digitale transaksies deur Namibiërs in die eerste helfte van die jaar, was vermoedelik pogings tot bedrog. Finansiële dienste en kleinhandel het die hoogste vermeende digitale bedrogpogingskoers gehad op onderskeidelik 3,9 persent en 3,5 persent, met die koers in dobbelary, soos aanlyn sportweddenskappe, derde hoogste op 1,4 persent. Die reis- en ontspanningsektor het die grootste jaar-tot-jaar styging in hierdie koers gehad, met ‘n toename van 513 persent. TransUnion sê dit onderstreep dat besighede hul teen-bedrog maatreëls moet opskerp.