Dieselvoorrade internasionaal onder druk

Wêreldwye voorrade van diesel neem af namate raffinaderye sukkel om tred te hou met vinnige toenemende vraag na die brandstof. Analiste meen dieseltekorte sal brandstof- en vervoerkoste verder opstoot en meer opwaartse druk op kleinhandelpryse plaas. Die Amerikaanse en Asiatiese diesel-invoere waarop Europa staatmaak, is die afgelope weke beperk as gevolg van hoër binnelandse verbruik. Voorrade in Europa het verlede week met 2,5 persent gedaal en in die algemende streek, was voorraad op sy laagste vlak sedert 2008.