Dieselprys hoogste in die noorde: Statistieke-agentskap

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die verbruikerspryse vir September bekend gemaak. Sy kommoditeite van die maand is diesel en witbrood. Die agentskap het bevind dat Sone 1, die noorde en die noordooste, die hoogste betaal het vir diesel teen 21 Namibiese dollar 26 sent per liter. Sone 2, die Khomas-streek, en Sone 3, die suide en Erongo en Omaheke, het nie veel minder betaal het nie, teen 21 dollar 18 per liter. Die verskille in die brandstofprys is as gevolg van die naaste depot, soos Abednego Ekandjo, hoofekonoom en petroleumprysspesialis in die ministerie van myne en energie verduidelik.

Vir witbrood het Sone 2 die hoogste betaal teen 14 dollar 55, gevolg deur Sone 1 wat 14 dollar 24 betaal het. Sone 3 het die minste betaal vir ‘n witbrood teen 13 dollar 16.