Dieselprys daal, petrolprys bly onveranderd

Vakansiegangers, boere en die toerismesektor slaak ‘n sug van verligting na die Namibiese ministerie van myne en energie se aankondiging dat die dieselprys vir Desember met 1 Namibiese dollar 25 sent per liter sal daal en die petrolprys sal onveranderd bly. Diesel kos nou 22 dollar 85 sent by die kus en die petrolprys bly op 20 dollar 8 sent. Die nuwe brandstofprys tree in werking op Woensdag 7 Desember. Volgens die ministerie is die redes vir die bepaling van die brandstofprys die Amerikaanse dollar wat redelik verswak het en die olieprys het ook teruggeval.