Diesel-dinge het nog nie gestabiliseer nie

Die stand van sake rondom dieselverskaffing, -berging en die prys, het steeds nie gestabiliseer nie. Daar was onlangs berigte oor internasionale tekorte wat ekonomiese groei kelder omdat die beweging van goedere staatmaak op diesel. Namcor sê daar is geen rede tot kommer in Namibië nie en die maatskappy werk voortdurend aan die probleem, soos sy woordvoerder Paulo Coelho verduidelik.