Huurraad steeds ‘net ‘n idee’ – AR

Die Affirmative Repositioning-beweging doen steeds ‘n beroep op die lynministerie, die van stedelike ontwikkeling, om weer ‘n huurraad daar te stel. Op die oomblik word wetgewing in verband met verhuring, soos alleenlik 50 persent deposito en dat die deposito belê moet word en met rente uitbetaal word, nie toegepas nie. Daar is ook nie standaarde vir huureiendomme nie. George Kambala van die beweging sê dit blyk asof die minister, Erastus Uutoni, geensins in die kwessie belangstel nie.