Diere verdrink in dieretuin na Kakhovka-dam meegee

Die diereregte-organisasie, UAnimals, bevestig alle diere, afgesien van swane en eende, het in ʼn dieretuin in die Russies-beheerde suide van Oekraïne verdrink nadat die Nova Kakhovka-dam meegegee het. Oekraïne beweer Russiese magte het die dam opsetlik verwoes, wat grootskaalse vloede laer af in die Dnipro-rivier veroorsaak het. Die uitgeweke burgemeester van Nova Kahkovka, Wolodomir Kovalenko, berig daar is erge oorstromings in die stad en dit veroorsaak ernstige skade aan infrastruktuur.