Diensstasiebedryf sê GRN moet beter ondersteuning verskaf

Die diensstasiebedryf in Namibië werk in ‘n gereguleerde omgewing, en dit is volgens kundiges ook ‘n plig van die regering om die gereguleerde omgewing te beveilig, veral in verband met aandklok reëls en meer. Die bedryf skep ook werk. Hendrik Krüger van die Vereniging van Diensstasie-eienaars voel hulle dat die regering dit nie altyd as hulle regulasies maak, oorweeg nie. Krüger verduidelik sy standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus.