Dienslewering op Opuwo: Niemand wil daar bly nie, sê oud-goewerneur

‘n Voormalige goewerneur van die Kunene-streek het gereageer op statistieke wat in verband met dienslewering op Opuwo bekend gestel is. Daar is byvoorbeeld een dokter wat moet aandag gee aan 3 656 pasiënte. Hierdie inligting is verkry uit die First Capital Economic Profile van Opuwo. Oud-goewerneur Dudu Murorua sê dis nie net dokters wat nie lank in die streek bly nie.