Diefstal van polisiewapens in Kaap veroordeel

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, eis die 15 vuurwapens en agt nagemaakte wapens wat by die Mitchells Plain-polisiekantore gesteel is, moet onmiddellik teruggevind word. Die voorval, wat in November verlede jaar ontdek is, het ‘n polisiebeampte betrek, wat intussen gearresteer en afgedank is. Hy moet op 2 Februarie in die hof verskyn. Allen vra ook verdere aanklagte indien die gesteelde vuurwapens in misdade gebruik is: