Die Wêreldbank oor Covid-19 se impak

Die Wêreldbank-groep se president, David Malpass, het ‘n beroep op die wêreld gedoen om dringend geleenthede en oplossings te soek om ‘n groen, veerkragtige en inklusiewe herstel van Covid-19 te verseker. Die pandemie sal na verwagting teen die einde van die jaar tussen 55- en 63-miljoen mense in uiterste armoede dompel. Malpass sê die gesamentlike reaksie op armoede, klimaatsverandering en ongelykheid sal die bepalende keuses van ons tyd wees .