Baie sterftes in treinongeluk in Taiwan

.

Meer as 50 mense is dood en talle is beseer nadat ‘n trein in Taiwan ‘n vragmotor getref het wat op die spore beland het. Die owerhede sê liggame was in die treinwrak vasgekeer, terwyl oorlewendes uit die vensters moes klim en op dak na veiligheid moes skarrel. Die tragedie word beskryf as die eiland se ergste spoorramp. Die trein se agt waens het na wat berig word 480 mense na die ooskus vervoer vir ‘n jaarlikse vier-daagse openbare vakansietydperk