Die wêreld se lelikste dier

Wetenskaplikes onthul hoekom manlike proboscis-ape groot neuse het en sê hulle is deurslaggewend vir paringsukses.

Dit is veilig om te sê dat proboscis-ape van die vreemdste wesens in die diereryk is.

Terwyl wyfie-ape spitsneuse het, het die mannetjies groot neuse – wat hulle die titel van ‘die wêreld se lelikste diere’ gee.

Nou het ‘n studie uiteindelik navore gekom oor die ongewone gelaatstrekke.

Wetenskaplikes van die Australiese Nasionale Universiteit sê hul groot neuse is meer as net ’n oogseer.

In plaas daarvan bied hulle verskeie voordele – veral wanneer dit kom by die lok van ‘n vroulike maat.

Om harder en dieper geluide te kan uiter danksy ‘n langer en groter neusholte, help manlike ape om hul gesondheid en oorheersing te laat geld.

Dit help die manlike ape om wyfies te lok en ander mannetjies af te weer.

Hoe meer wyfies ‘n mannetjie kan lok, hoe meer laat dit hom toe om meer nageslagte te verwek.