Die vermiste tienling is terug in die nuus…

Die Gautengse regering het die staatsprokureur opdrag gegee om regstappe teen die Independent Media-groep in te stel. Die groep beweer in ‘n ondersoekende verslag die sogenaamde tienling, bekend as die Tembisa 10, is inderdaad in die Steve Biko-Akademiese hospitaal gebore, maar met mensehandel uit die land geneem. Die koerantgroep het ernstige aantygings gepubliseer dat die regering en die hospitaalbestuur probeer om mediese nalatigheid toe te smeer. ‘n Provinsiale regeringswoordvoerder, Vuyo Mhaga, sê hofstukke sal binnekort op Independent Media bedien word: