Die Veiligheidsraad van die VN vergader vandag oor konflik tussen Israel en militante Palestyne.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gaan vandag die toenemende geweldpleging tussen Israel en Palestynse militante in die openbaar bespreek. Diplomate het ‘n kompromie bereik oor Amerikaanse besware teen die tydsberekenening van die bespreking. Die vyandighede duur voort, met geen teken dat dit afneem nie. Nuusagentskappe berig die raad se 15 lede reeds twee keer privaat vergader het oor die ergste vyandighede in die streek in jare, maar kon tot dusver nie ooreenstem oor ‘n openbare verklaring nie.