Die Taliban is byna in volle beheer van Afghanistan

Die land se hoofstad Kabul is nou die enigste belangrike stad wat nog onder beheer van die regering is. Dit volg na die rebelle vroeër vandag die beheer van Jalalabad, ‘n belangrike stad oos van Kabul, oorgeneem het. Die oorname volg slegs ‘n dag nadat die Taliban streke wes, noord en suid van die hoofstad ingeneem het. Die val van die Afghaanse regering laat stemme opgaan vir president Ashraf Ghani om te bedank. Intussen ontruim Amerika sy personeel uit die ambassade in Kabul met die hulp van vyf-duisend Amerikaanse soldate